Die nasionale polisiekomissaris, generaal Fannie Masemola, op waarskuwing vrygelaat ná sy eerste hofverskyning. 'n Derde dag van kruisondervraging vir die geskorste finansiële bestuurshoof van die Tshwane-metro, Gareth Mnisi. Die vakbond, COSUTU, is bekommerd oor die toekoms van die drie-party-alliansie nadat ANC-lede wat ook aan die SAKP behoort, tien dae gegee is om kant te kies.