President Cyril Ramaphosa kondig maniere aan om ekonomiese groei te verbeter, insluitend maniere om die impak van beurtkrag te minimaliseer. Nooddienste in Gauteng ontvang toenemend oproepe van mense wat beseer word - en beurtkrag kry die skuld. Die Verenigde Arabiese Emirate onderteken 'n uitleweringsooreenkoms met Suid-Afrika. Die DA, Sakeliga en die Vryemarkstigting sê hulle gaan grondonteiening sonder vergoeding saam die stryd aansê. ANC-werknemers dreig om te betoog omdat hulle steeds wag op hulle salarisse. Mynbou-produksiesyfers word bekend gemaak.