Suid-Afrikaners begin toenemend aanklank vind by die konsep van sogenaamde groen geboue. Die geboue word ontwerp met die welstand van die omgewing as die kern van die projek. Dit behels ondermeer meer effektiewe water- en elektrisiteitsverbruik, asook die vermindering van koolstofdioksied-emmissies. Dis internasionale groengebou-week, en Marlinée Fouché berig dis nie 'n onmoontlike doelwit om te bereik nie.