Luister na ‘n huldeblyk oor die digter, skrywer en dramaturg, Pirow Bekker. Hy is onlangs in die ouderdom van 89 jaar oorlede. Jy kan luister hoe sy vrou, kinders en kleinkinders hom as mens en skrywer onthou. Drie van sy voormalige uitgewers (Petrovna Metelerkamp, Martjie Bosman en Jeanette Ferreira) gee ook hulle indrukke van hom. Daar is ook twee argiefonderhoude waarin jy die digter en skrywer self aan die woord kan hoor. Johan Myburg vertel meer oor die Booker-langlys vir 2025, en het nuus oor ‘n nuwe roman uit die pen van die Bookerbekroonde George Saunders.