Ilse Salzwedel gesels met Theresa Papenfus oor haar aangrypende biografiese boek, SING MAMMA SING! Dit handel oor die siekte en dood van haar jongste seun, Braam. Die boek is egter allesbehalwe ‘n klaaglied vir Braam, en bevat heelwat humor, staaltjies uit haar seuns se kleintyd en lieflike prosa oor lewensvreugde, vasbyt en genade. Johan Myburg bring hulde aan Alice Munroe, voormalige Nobelpryswenner, wat onlangs oorlede is. Hy vertel ook meer oor die kinderboekskrywer Katherine Rundle wat aangewys is as skrywer van die jaar in die British Book Awards. Jy kan ook meer uitvind oor VV Ganeshananthan en haar boek, BROTHERLESS NIGHT, wat pas met die Carol Shields-prys bekroon is.