Danie Conradie het by die New York Film Academy studeer, en het sedertdien Suid-Afrikaanse verhoë aan die brand gespeel in menigte musiekblyspele. Hy deel ’n resep vir ’n Mariebeskuit-yskaskoek, wat hom in New York aan die lewe gehou het as ‘n klein besigheid wat hy begin het.