



Geestesgesondheid en menseregte
Roger Jacobs, ‘n afgetrede skoolsielkundige, praat oor geestesgesondheid as ’n mensereg.

Doen dit sommer self 21 Maart 2026
Vernilia James-Bagley help ons om voor te berei vir Paasnaweek, en maak ‘n vaas uit ‘n koolkop vir die Paastafel.

Waarheen vandag? 21 Maart 2026
Keith Meyer van Ladismith vertel meer van hierdie pragtige Karoodorp.

Sterre in die kombuis 21 Maart 2026
Danie Conradie het by die New York Film Academy studeer, en het sedertdien Suid-Afrikaanse verhoë aan die brand gespeel in menigte musiekblyspele. Hy deel ’n resep vir ’n Mariebeskuit-yskaskoek, wat hom in New York aan die lewe gehou het as ‘n klein besigheid wat hy begin het.

Wêreldverbruikersregtedag 2026
Die tema vir Wêreldverbruikersregtedag op 15 Maart is VEILIGE PRODUKTE, SELFVERSEKERDE VERBRUIKERS. Die Ombud vir Verbruikersgoedere en -dienste berig dat klagtes oor aanlynaankope die grootste kategorie (19%) uitmaak van die 12 207 klagtes wat in 2024/2025 ontvang is. Die hoof van groepregsdienste…

Waarheen vandag? 14 Maart 2026
Adele Smith vertel hoe hulle in Auckland, Nieu-Seeland, beland het, en vertel wat mens alles daar kan beleef en ervaar.

Sterre in die kombuis 14 Maart 2026
Cordelia is al 20 jaar lank in die Afrikaanse musiekbedryf. Sy vertel van haar grootwordjare op Fochville, en die aanpassing in die stad. Sy deel haar ma Louise se reseo vir soetkluitjies.

Wild Mongoo help vroue
Annalie Cable van Wild Mongoo in George vertel hoe hulle vroue se lewens verander wat vasgevang is in die mensehandelsiklus, en hoe hulle nuwe vaardighede geleer word.

Sri Lanka saam met Janine de Waal
Het jy geweet dat die eiland Sri-Lanka in ‘n stadium verbind was aan Indië, en jy kon voetslaan tussen die twee lande. Johan Rademan het Janine de Waal in Sri Lanka raakgeloop.

Run Boikie Run
Boikie Monareng van Run Boikie Run-faam stap met sy kruiwa die land vol om te bewusmaking te skep oor boeliegedrag, veral by skole. Hy gesels met Sue Pyler-Slabberts langs die N1, so 20 km voor De Doorns. Sy eindbestemming is die Kaap.