Carin Smith maak ons touwys hoe om jou geliefde se Valentynsgeskenk pragtig toe te draai. Sy is ‘n stilis en kunstenaar, en haar artikels verskyn gereeld in die Idees-tydskrif. Sy sê sy hou daarvan om boksies en ou linte te bêre, en dis juis daardie ou stukkies papier wat nou handig te pas kom.