Jenny van Dyk is die hoofafrigter van die Protea-netbalspan. Haar onmiddellike mikpunt is die 2027 Netbalwêreldbeker in Sydney. Sy het onlangs op RSG Sport gepraat van ’n wenmentaliteit, groter diepte en die noodsaak dat Suid-Afrika moet ophou om die toplande te “bewonder” en self een van hulle word. Nou is daar nuus dat netbal moontlik weer opgeneem sal word in die Brisbane 2032 Olimpiese Spele, alhoewel nog nie amptelik bevestig nie. De finale Olimpiese program word eers in April 2027 bevestig.



