Mzansi Rugbyliga begin in 2027

 
Monty Dumond verteenwoordig die Mzansi Rugbyliga (MRL). Hy is die mede-eienaar, direkteur van rugby en hoofafrigter van die Paarl Caracals, een van die tien spanne vir die beoogde 2027-seisoen. Monty het onder meer vir die Sharks rugby gespeel en het ook professionele ervaring in Europa opgedoen. Ons praat met hom oor die MRL.