Die polisie kommissaris in KZN, Nhlanhla Mkhwanazi beweer dat die minister van polisie Senzo Mchunu betrek kan word by misdaad-sindikate en dat die besluit om die politieke moorde taakmag te ontbind geneem is in die belang van n beweerde korrupte sakeman. Mkwhanazi sê dat hy oor bewyse beskik om sy bewerings te staaf. Mkhwanazi word sedert sy hoogs omstrede media konferensie oor die aangeleentheid beskou, in sekere oorde, as n held wat korrupsie wil bloot lê terwyl ander kenners glo hy sy mag oorskry het. Daar wag nou 'n reuse besluit op President Cyril Ramaphosa. En ons vra die vraag: Meneer die President, Hoe gaan jy maak?

Dit is hoekom jy glad nie moet raak aan jou aftreegeld nie
05:39

Die VSA se ondersoek na Amerika nie n bron van kommer nie maar Swart bemagting bly steeds die struikelblok
06:25

Ramaphosa se Gautrein en sneltrein-plan moet vir nou eers net 'n droom bly
07:47