Is jy enkellopend, maar gereed om iemand met 'n goeie woord van vriende te ontmoet? Luister hier!

 

RSG Nuus en Aktualiteit

'n Daaglikse oorsig en ontleding van plaaslik- en internasionale nuusgebeure en kwessies wat jou raak. Brought to you SABC News.
892 clip(s)
Loading playlist

Is jy enkellopend en gereed vir 'n verhouding, maar besluit jy kan jouself nie meer kwesbaar maak op afspraak-toepassings nie, want jy het reeds te veel bloutjies geloop?
Dan moet jy hier luister. Die 43-jarige Janeli Kruger het besluit genoeg is genoeg met die afspraak-toepassings, waarop sy self soveel bloutjies geloop het... Sy het die hulp van haar uitgebreide sosiale media vriendekring ingeroep, iemand ontmoet, en dit het ontaard in 'n hele gemeenskap en 'n splinternuwe aanlyn toepassing, wat nou op die web afgelaai kan word. In Naweek Aktueel, vra Esté de Klerk vir Janeli wat het haar genoop om daardie kwesbare plasing op sosiale media te plaas, en hoe dit haar lewe verander het.