RSG Nuus en AktualiteitRSG Nuus en Aktualiteit

Is die skrif aan die muur vir Senzo Mchunu?

View descriptionShare

President Cyril Ramaphosa het in 'n geskrewe antwoord aan die parlementêre ad hoc-komitee, wat korrupsie en inmenging in die strafregstelsel ondersoek, geskryf hy het nooit sy ondersteuning gegee vir 'n poging om die taakspan, wat politieke moorde in KwaZulu-Natal ondersoek, te ontbind nie. Ramaphosa sê die minister van polisie, Senzo Mchunu, wat hy op spesiale verlof geplaas het, het hom eers weke later van die besluit verwittig.  'n Senior navorser aan die Sentrum vir Afrika Diplomasie en Leierskap aan die Universiteit van Johannesburg, Dr. Oscar van Heerden, het by Monitor aangesluit om te praat oor wat die president se repliek sê oor die politieke toekoms van Senzo Mchunu.

  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 2 playlist(s)

RSG Nuus en Aktualiteit

'n Daaglikse oorsig en ontleding van plaaslik- en internasionale nuusgebeure en kwessies wat jou raa 
Social links
Recent clips
Browse 614 clip(s)