



Spektrum 29 Junie 2021
'n Regskenner beantwoord die vraag: Sal oudpresident Jacob Zuma wel tronk toe gaan nadat hy skuldig bevind is aan minagting van die hof? Wat weet ons van die Delta Plus-variant van die Covid-19-virus? Navorsing oor die impak van die Wet op die Beheer van Vuurwapens op misdaad, is uiteindelik bekend…

Spektrum 28 Junie 2021
Die EFF word aangekla van die oortreding van die Wet op Rampbestuur. Rolspelers in die drankbedryf dreitg om ook die Covid-regulasies verontagsaam. Alle skole moet vir die Junie-skoolvakansie teen Vrydag gesluit wees - hoe raak dit die res van die skooljaar? Nog aasvoëls word in Botswana vergiftig.

Motorrubriek 26 Junie 2021
Wessel Pretorius toets 'n Peugeot.

Naweekaktueel 26 Junie 2021
Uitspraak voorbehou in die saak tussen Ace Magashule en die ANC. Vyftigplussers word aangemoedig om volgende maand in te ent. Afrika se animasiekunstenaars kry wêreldwyd erkenning.

Spektrum 25 Junie 2021
Die waarnemende minister van gesondheid, Mammoloko Kubayi-Ngubane, sê mense bo 50 kan van Julie af registreer om entstof te ontvang. Ons wy 'n groot gedeelte van die program aan die jongste bevindinge oor die oor die inentingsproses. Daar is kommer oor 'n toename in politieke moorde in die aanloop …

Spektrum 24 Junie 2021
Die polisie en SANPARKE is op soek na 'n verdagte voertuig wat moontlik verbind kan word met die brande in Kaapstad vroeër vanjaar. Vrystaat Landbou sê die polisie neem plaasaanvalle nie ernstig op nie. SADC sê terreur in Mosambiek die stryd aan met die ontplooiing van die streek se bystandsmagte. …

Spektrum 23 Junie 2021
Die proses om onderwysers in al die provinsies teen Covid-19 in te ent, het vanoggend begin. Verbruikersprysinflasie het in Mei gestyg, te midde van waarskuwings dat munisipale finansies verswak. Twee partye stem nie saam met die finale verslag oor die ingryping om sekere provinsiale departemente v…

Spektrum 22 Junie 2021
Ses-en-negentig persent van nuwe Covid-19 gevalle kom tans in Gauteng voor. Die Gautengse bevelsraad vergader vandag oor moontlike strenger inperkings - ons vra wat ons moontlik kan verwag. Onderwysers word van more af ingeënt, maar wat van kleuterskoolpersoneel? Die Wes-Kaap loop deur onder, nie e…

Spektrum 21 Junie 2021
Suid-Afrikaners moet hulleself nou meer as ooit tevore beskerm teen Covid-19. Onderwysers sal van Woensdag af ingeënt kan word - ons kyk na hoe die proses sal werk. Die nuwe plekname in die Oos-Kaap is hier om te bly nadat die besware daarteen verwerp is. Daar is 'n klaarblyklike toename in aanvall…

Naweekaktueel 19 Junie 2021
'n Paartjie word in hulle huis beroof terwyl hulle aan 'n regstreekse videospeletjie deelneem - die voorval is op video vasgelê. Hoe gaan mens te werk om 'n nuwe kolonie pikkewyne te vestig?