9 Junie 2026: Christoph Thomet, ‘n wynbemarker van Switserland, vertel van die wyne wat hulle produseer, en deel sy indrukke oor Suid-Afrikaanse wyne en wyntoerisme. Yolandi Botha van Vinpro praat oor haar rol as ekonoom by dié produsente-organisasie. Heinrich Victor is terug met die jongste wolpryse. Het jy geweet die blomme op die Weskus wat jaarliks duisende toeriste trek, is ook vir veeprodusente van groot waarde? Dis een van die onderwerpe wat tydens vanjaar se Weidingsvereniging-kongres in Julie bespreek sal word.