8 September 2026: Die Landbounavorsingsraad se Vleisbees-presteerderstoekennings bestaan al langer vier dekades. Dit fokus veral op die genetiese verbetering van kuddes. Daar is agt kategorieë in vanjaar se aflewering. Presisieboerdery en die risiko’s verbonde aan kunsmatige intelligensie het by die onlangse Agri Noord-Kaap-kongres ter sprake gekom. Ons het daar met dr Jaco du Toit van Akademia gepraat. Heinrich Victor is op sy pos met die jongste wolmarkverslag.