RSG Landbou: Melk SA se verbruikersopvoedingsprojek; Rooivleisprodusente moet vernuwend wees

 
21 Oktober 2026: Die verbruikersopvoedingsprojek van Melk SA se Voedingsforum is onlangs in Pretoria aangebied. Die jongste bewyse oor voedselverwerking, vetsug, gewigsbestuur en die suiwelmatriks is aan dieëtkundiges en voedingkundiges verduidelik. Die Suid-Afrikaanse rooivleisprodusent moet ‘n nuwe denkwyse volg om in uitdagende omstandighede te oorleef, sê Kobus Bester, 'n beesvleisprodusent en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Stoettelersfederasie.