10 Junie 2026: Die Internasionale Pruimedantevereniging se jaarkongres is in April in Italië gehou. Alhoewel Suid-Afrika slegs tussen 150 en 200 hektaar aanplant teenoor China se 62 000 hektaar, is ons vrugte van hoogstaande gehalte. Jacques Jordaan van die Inmaakvrugte-produsentevereniging het die geleentheid bygewoon. Gevalle van bek-en-klouseer neem toe in die Noord-Kaap. Deon Kriel van Noord-Kaap Veeartsenydienste het in Upington met boere hieroor gepraat.