Waarom is Suid-Afrikaanse olyfolie so duur? Wendy Petersen van SA Olive verduidelik hoe pryse beïnvloed word. Prof. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingraad praat oor die rol wat die bees se vel in die dier se aanpasbaarheid speel. Watter velkleur dink jy is die meeste bestand teen hitte? Ceres Fruit Growers het onlangs ‘n internasionale toekenning ontvang. Dié erkenning beklemtoon hierdie appel- en peerpakhuis se toewyding tot voedselveiligheid, gehalte en bedryfsbestendigheid. Ons praat met Joe Hanekom hieroor.