Wêreld-hondsdolheidsdag het vanjaar op 28 September plaasgevind. Uitbrekings van dié siekte in Suid-Afrika neem toe, en ons hoor by staatsveearts dr. Alicia Cloete wat die oorsaak hiervan is. Ons vind meer uit oor die stigting van ‘n wolbemagtigingstrust by Deon Saayman van Cape Wools. Rooivleisprodusente het onlangs in Upington bymekaar gekom, waar sprekers onder meer oor goeie finansiële bestuur en grondgesondheid gepraat het.