Tweekop Boerdery op Heidelberg in die Wes-Kaap, is deur die Landbounavorsingsraad aangewys as die middelskaalse Meestersuiwelboer van die Jaar. Ons praat met Pieter Steenkamp oor dié prestasie. Louis Wessels van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum vertel wat bespreek is by hulle afgelope vergadering. Soos altyd is Chris Derksen terug met die week se vleispryse, en Johan van den Berg met landbouweernuus.