Plasco Consulting is bekend vir hulle ingenieurs- en masjinerievernuf, en het onlangs ‘n toekenning vir ‘n besproeiingsklepboks ontvang. Die Bosveld Bonsmaraklub bied op 13 November hulle 37ste produksieveiling aan. Aartappels SA se maandelikse markverslag fokus op September se pryse. Daar is ook nuus oor die jongste vleispryse en weervooruitsigte.