Vanjaar se wenner in Graan SA se Graanprodusent van die Jaar-kompetisie, is Hansie Viljoen van Leeudoringstad. Ons luister weer na die onderhoud wat ons met hom gevoer het oor sy diverse boerdery, wat bestaan uit verskeie gewasse en drie soorte beesrasse. Het jy geweet die olieboom-onkruid hou ‘n groot bedreiging vir landbou in? Die saad is gehard en beland dikwels tydens die stroopproses in graan, waarna die graan dan as besoedel geklassifiseer word. Prof. Charlie Reinhardt brei hieroor uit.