In die Wes-Kaap word graan in twee streke verbou. Dít vereis verskillende produksiemetodes. Prof. Johann Strauss van die Wes-Kaapse Departement van Landbou vertel van die navorsing wat hulle gedoen het met wisselbou op sandgrond. Ons maandelikse internasionale landbounuus kom ook aan die beurt. JD Venter brei uit oor Limpopo Bonsmaraklub en hulle veiling op 9 Mei.