Francois Rossouw, ‘n tafeldruifprodusent van Mooigezicht Landgoed in die Hexriviervallei, is vanjaar as die Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar aangewys. Ons luister weer na die gesprek wat ons met hom gehad het nadat hy die provinsiale jongboerkompetisie gewen het. Het jy geweet die Letelle-skaap is ‘n ras wat nie algemeen in Suid-Afrika voorkom nie? Louis Botha van die Memel-omgewing het vroeër met ons oor die eienskappe van dié besonderse skaap gesels.