Nampo 2025 is om die draai! Dis die 57ste keer wat dié geleentheid aangebied word, en dr. Dirk Strydom van Graan SA vertel wat besoekers vanjaar kan verwag. Ons hoor ook weer van dr. Lukie Pieterse van Potato News Today oor die bydrae wat herlewingslandboupraktyke kan maak tot die volhoubaarheid van die internasionale aartappelbedryf.