Aartappelproduksie is wêreldwyd onder druk. Faktore soos klimaatsverandering, gronddegradasie, watertekorte en stygende insetkoste is van die uitdagings wat die bedryf in die gesig staar. Dr. Lukie Pieterse, redakteur van Potato News Today, ‘n aanlyn-nuusbrief, het onlangs ‘n artikel hieroor geskryf. Ons gesels met hom hieroor. Verder hoor ons wat Paul Maré van QualiTRIO Bonsmara te sê het oor hul veiling van 8 Mei op Viljoenskroon.