Hoe kan grondeienaars uit ‘n bewaringsoogpunt predasie benader? RSG Landbou het by die Owl Rescue Centre gaan inloer, en met Danelle Murray hieroor gesels. Tydens die mieliewegbreeksessie by die Graan SA-jaarkongres op Nampo Park, is polsende kwessies in die bedryf bespreek. Dr. Dirk Strydom brei hieroor uit. Ons hoor wat by die beesafdeling van die Griekwastad-skou gebeur het. Behalwe vir die interraskompetisie wat onder uitdagende omstandighede aangebied is, het ‘n kalfkompetisie ook plaasgevind.