Het jy geweet die 107-jaar-oue Swinburne-boerevereniging word as die oudste vereniging van sy soort in die Vrystaat beskou? Ons het onlangs by hulle jaarvergadering met die voormalige voorsitter, Piet Roets, hieroor gesels. Piet was die voorsitter toe die vereniging 100 jaar oud geword het. Suid-Afrika is bekend as ‘n uitvoerder van hoëgehalte bloubessies. Luister weer na ‘n gesprek met Herman Louw van Fall Creek oor bloubessieproduksie in Suider-Afrika, en die navorsing en ontwikkeling waarmee hulle besig is.