Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, dr. Ivan Meyer, praat oor dit wat hom na aan die hart lê, en sy wens vir elke Suid-Afrikaner wat landbou liefhet. Prof. Karin Jacobs van die Departement Mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch, vertel van navorsing oor glifosaat, 'n breëspektrum sistemiese onkruiddoder en gewasdroogmiddel. Chantelle Wasserman, president van die Villiersdorp-landbouskou, vertel wat skougangers van 10 tot 12 Oktober kan verwag.