Die LlimaLethu-bemagtigingsprojek is op boere in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gemik. Mihan Louw van African Seeds Group verduidelik hoe hulle en ander instansies 20 boere as deel van fase een van die projek bemagtig. Ons praat oor grondgesondheid met Kenny Beeton van Nutrico. Daar is verskeie faktore en praktyke in landbou wat goeie grondgesondheid kan verseker, en een hiervan is die gebruik van seewier.