Goeie nuus vir landbouers en inwoners wat afhanklik is van water uit die Kougadam – die dam se vlak het sedert Maart vanjaar met meer as 50% gestyg. Die lewendehawe, veeartsenykunde en farmaseutiese bedrywe se gesamentlike rol is die bewaring en verbetering van die omgewing. Ons verwys na die One Health-konsep. Dr. Alnora le Riche van Elanco Dieregesondheid verduidelik hoe dié rolspelers saamwerk. Ons kry ook terugvoer van die afgelope AFMA Forum, wat onlangs by Sun City gehou is.