Het jy geweet herbivore kan koolstof deur middel van fotosintese bind? Om die koolstofvoetspoor op ‘n melkplaas te bereken, word die DESTiny-model gebruik. Dr. Heinz Meissner vertel van Melk SA se projek in hierdie verband. Pannar vier vanjaar hulle eeufees. Ons hoor by Caria Grobler wat dit vir landbou in Suid-Afrika beteken. Tydens ’n onlangse mediatoer van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging, het ons met Pratesh Sharma gesels. Hy is ’n kommersiële suikerrietkweker in die Tongaat-omgewing. Ons het hom uitgevra oor die implikasies wat die Tongaat Hulett-likwidasieaansoek vir kwekers en die bedryf as geheel inhou. Hy praat ook oor suikerinvoere wat die plaaslike bedryf lamlê.