Die inligting wat op die etiket van ‘n produk uiteengesit word, moet wetlik aan sekere vereistes voldoen. Jompie Burger van die Suiwelstandaardagentskap praat oor die etikettering van suiwelprodukte, wat soms misleidend kan wees. Johann Botes van GWK Aartappels praat oor aartappelmoerproduksie. Hy gee terugvoer oor die 2025-seisoen, en vertel wat nuut in die wêreld is.