Ons het by TLU SA se kongres in Pretoria met die president, Henry Geldenhuys, gepraat. TLU SA het ook by die geleentheid hulle jongboer van die jaar aangewys. Die Brahman-beestelersgenootskap se eerste nasionale aanlynveiling is vanjaar in Potchefstroom aangebied. Rasdirekteur Sietze Smit vertel meer. Johan van den Berg gesels landbouweersake, en Chris Derksen vertel wat met vleispryse by veilings in die Noord-Vrystaat gebeur het.