In hierdie week se landbounuus praat ons oor Suid-Afrika se 2026 wyndruif-oes, plaaslike verkope van landboumasjinerie, die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf se 2025/26-seisoen en Agri Wes-Kaap se kandidate vir sy 2026 Jongboer van die Jaar-kompetisie. Verder gesels ons met Francois Knowles, die registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, APAC, oor dié organisasie se protokolle vir lewendehawe-agente. Dit kom nadat 'n bek-en-klouseer-voorval ‘n paar weke gelede by Tobie Myburgh Afslaers se Bloemfontein-veilingskraal bevestig is. Aartappels SA vertel wat met aartappelpryse in April gebeur het.