Haelskade in sommige produksiegebiede het ‘n demper op Suid-Afrika se appel- en peer-oesseisoen geplaas. Die seisoen het ook vroeër as gewoonlik afgeskop. Roelf Pienaar van Tru-Cape sê hoewel die skade kommer wek, bly die bedryf versigtig optimisties. Dieresiekte-uitbrekings is nie nuut nie, maar die omvang en herhaling wat ons tans in Suid-Afrika ondervind, is kommerwekkend. Die fokus op streng biosekuriteitsmaatreëls is nou meer intens as ooit. Cois Viljoen van Omnicure deel ‘n paar wenke.