Karoo Lam het die slaglamkompetisie by vanjaar se Beaufort-Wes-landbouskou aangebied. Jaco van Vuuren vertel wat die beoordeling behels het. Bathurst is pynappelwêreld en Pierre Tinley van Summer Pride gesels oor hul betrokkendheid by die onlangse landbouskou op dié dorp in die Oos-Kaap. Ons gesels ook met Elmarie Prinsloo oor Bloemskou wat reeds op 25 April afskop.