Daar is 'n positiewe gesindheid oor landbou in Suid-Afrika, ondanks verskeie uitdagings. Só sê Jaco Minnaar van Agri SA by die jaarkongres van Agri Noord-Wes op Lichtenburg. Ons hoor ook wat Naudé Pienaar te sê gehad het oor die positiewe bydrae wat hulle op talle gebiede in dié provinsie lewer. Johan van den Berg is op sy pos met weervooruitsigte, en Chris Derksen gesels oor die jongste vleispryse.