Die plaaslike hoenderbedryf het in 2023 ‘n uitdagende jaar beleef, maar goed herstel in 2024. Izaak Breitenbach van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging praat hieroor, en oor die redes vir die aansoek om hoender BTW-vry te verklaar. Die Landbounavorsingsraad het op 28 November vir die 46ste keer hulle vleisbeestoekennings aangebied, en ons hoor wat ‘n paar van die wenners oor hulle prestasie te sê gehad het. Ons hoor onder meer van Nick Serfontein van die Sernick Groep en Hannes Eksteen van Exsteen Nguni’s en Sanga’s van Piketberg.