



Klein Karoo Klassique 2026
Pianis dr. Charl du Plessis is weer vanjaar die gasheer van Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn. Hy vertel wat alles op die program is.

Teksmark 2026
Christelle Webb-Joubert gesels met Cornelia Faasen van NATi oor vanjaar Teksmark.

1ste Kaapstad Klavierkompetisie in 2027
'n Internasionale klavierkompetisie vind in 2027 vir die eerste keer in Kaapstad plaas. Terrance April gesels met Nina Schumann, een van die stigterslede.

The Big Bad Musical in Roodepoort
Aktrise Evanca Moolman vertel van die musiekspel, The Big Bad Musical, waarin die nare wolf van die sprokies in die hof verskyn.

WGRUV-balletgeselskap se HIGHLIGHTS
Die WGRUV-balletgeselskap is 'n relatief jong geselskap in Johannesburg. Hulle voer in Julie hulle produksie, HIGHLIGHTS, op. Terrance April gesels met die stigter en hoof, Holly Gruver, en Lisa Stapelberg, een van die dansers.

Magnificent Mozart in Pretoria
Op 12 Julie 2026 word 'n konsert aangebied waar slegs werke van Mozart uitgevoer sal word. Xavier Cloete is die dirigent van die Gauteng Filharmoniese Orkes, wat saam met 'n aantal soliste sal optree. Terrance April het met hom gesels.

Something Rotten! in Kaapstad
Musiekregisseur Thinus Viljoen vertel van die musiekspel, Something Rotten!

Frank Pretorius: Bloedgrond
Kunstenaar Frank Pretorius gesels oor sy loopbaan en sy jongste uitstalling, Bloedgrond.

Om Te Val
Aktrise Tanja Franzsen vertel van, OM TE VAL. Dié fisiese teaterstuk gaan oor ‘n persoon met inperkingsindroom.

Mart Marais Staan Op
Aktrise Ilne Fourie se nuwe toneelstuk, MART MARAIS STAAN OP, debuteer by vanjaar se Vrystaat Kunstefees. Sy vertel waaroor dit gaan.