

Mosselbaai se eerste kunsteweek
Jak de Priester vertel van die eerste Punt in die wind-kunsteweek wat van 21 tot 27 Desember 2025 in Mosselbaai plaasvind.

Michael Fullard oor CATS
Terrance April gesels met Michael Fullard wat te sien is in die musiekspel, CATS. Die speelvak begin in Kaapstad en verskuif dan na Johannesburg.

A Show About Nothing by Spier
A SUMMER DREAM: A SHOW ABOUT NOTHING beloof om jou verbeelding aan te gryp. Liezel de Kock vertel van hierdie produksie wat plaasvind by die Spier-amfiteater.

Joyce Carreira se lewe en kuns
Christelle Webb-Joubert kuier by beeldhouer Joyce Carreira. Sy leer ken sy haar as mens en kunstenaar.

The Black Hole Symphony
Die komponis en pianis, Yashneen Modi, vertel van The Black Hole Symphony, en hoe Universe on Stage musiek en wetenskap byeenbring.

Janice Honeyman se pantomieme, Pinocchio
Terrance April gesels met die regisseur, Janice Honeyman, oor onder andere vanjaar se pantomieme, Pinocchio.

John Robertse se kuns - Deel 2
Christelle Webb-Joubert kuier verder saam met die kunstenaa,r John Robertse. Hy vertel waarop hy nog verf, buiten lepels.

Woordfees se feeskunstenaars
Christelle Webb-Joubert het by die Woordfees deur die feeskunstenaars se uitstalling, Sonstraal, gestap, saam met medekurator Shona van der Merwe. Ben Stanwix en Xhanti Zwelendaba het 'n omgewing uit tekstuur, lig en ritme geskep.

Joyce Carreira se uitstalling
Christelle Webb-Joubert stap saam met die beeldhouer, Joyce Carreira, deur haar uitstalling wat tot 15 Desember 2025 te sien is by Pierneef’s Kraal in Pretoria.

Human Naudé-studiebeurskompetisie
Pianis Charl du Plessis vertel vir Christelle Webb-Joubert van die Human Naudé-studiebeurskompetisie in Bloemfontein.