Igna Klynsmith praat onder meer oor ‘n 2024 saak, wat handel oor wraak-pornografie. Hy praat ook oor korrupsie met die uitreiking van bestuurslisensies. Spesialisgas Volker Kruger bespreek 'n Wes-Kaapse Hooggeregegshofsaak wat handel oor 'n dispuut oor ‘n testament. Hy lees die relevante testamentêre bepalings, en jy kan dan besluit wat jy dink die hof beslis het.