



Regsake 26 Januarie 2026
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor ‘n kind wat in die Kruger Wildtuin deur ‘n luiperd aangeval is. Hy praat ook oor die onprofessionele gedrag van sommige prokureurs, wat werkwerwing deur onder meer eiendomsagente doen om oordragte na hulle te kanaliseer. Spesialisgas Susan de Wet praat oor die pa…

Regsake 19 Januarie 2026
Igna Klynsmith bespreek ’n saak oor ouderdomspensioen en onregmatigde ontslag. Hy vertel ook van ‘n handelmerkdispuut tussen Chicken Licken en KFC. Spesialisgas Est-Marié McCallahan praat oor 'n eiendomstransaksie wat skeef geloop het, en hoe belangrik dit vir mense is om te verseker hulle kom hull…

Regsake 12 Januarie 2026
Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor Jacob Zuma en die presidensie, waar hy beveel is om sy regskostes terug te betaal. Hy bespreek ook ‘n saak oor wie die regmatige eienaar van ‘n troeteldier is ná ‘n egskeiding . Elsa Kruger-Willemse praat oor sertifikate wat verkry moet word by die ver…

Regsake 5 Januarie 2026
Igna Klynsmith bespreek ‘n navraag wat handel oor ‘n bedoel. Hy vertel ook van ‘n saak waar familielede ‘n liggaam wou laat opgrawe om DNS-toetse te laat doen om te bewys dat hulle wel familie is, en mag erf. Spesialisgas Metzi Klobbie bepreek belangrike veranderinge aan Suid-Afrika se patentstelse…

Regsake 29 Desember 2025
Igna Klynsmith bespreek ‘n hofsaak oor ‘n huis wat afgebrand het, en of die koper die verkoper aanspreeklik kan hou vir die skade. Arbeidsregkenner Johan Botes vertel van arbeidswetgewing wat vanjaar verander en aangepas is.

Regsake 22 Desember 2025
Igna Klynsmith praat oor die hof van klein eise, en bepreek ‘n saak oor ‘n pa wat sê hy kan nie meer in die behoeftes van sy outistiese dogter voorsien nie. Boedelspesialis Volker Kruger bespreek ’n saak oor ‘n bestorwe boedel waar die vrou nie volgens die man se testament van hom erf nie. Kan sy w…

Regsake 15 Desember 2025
Igna Klynsmith bespreek ‘n brief van ‘n gevangene, wat ‘n paar vrae gehad het oor sy eie saak. Hy bespreek ook ‘n vraag oor wat presies as lasterlik beskou kan word. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen praat oor ‘n pa se regte t.o.v. die besluit om ‘n swangerskap te beëindig.

Regsake 8 Desember 2025
Igna Klynsmith bespreek die pligte van rolspelers in ‘n strafregsaak. Hy praat ook oor die ontvangs van gesteelde goedere. Spesialisgas Est-marié McCallahan vertel van ‘n dispuut tussen bure oor ‘n oprit.

Regsake 1 Desember 2025
Igna Klynsmith bespreek ‘n appèlhofsaak oor ‘n munisipaliteit wat grond, wat aan ‘n ontwikkelaar behoort, probeer onteien het. Hy bepreek ook ‘n luisteraarsvraag oor die aankoop van ‘n plaas en ‘n serwituut. Elsa Kruger-Willemse praat oor die aanspreeklikheid van eienaars van troeteldiere wanneer d…

Regsake 24 November 2025
Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor ‘n vrou wat gediagnoseer is met demensie. Haar man wil weet hoe hy haar bates moet hanteer aangesien sy nie meer handelsbevoeg is nie, en hulle buite gemeenskap van goedere getroud is. Volker Kruger praat oor ‘n skadevergoedingseis teen ‘n restaurant.