

Regsake: Wat doen die balju? Werknemer moet R2,8 miljoen terugbetaal oor leun
28 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert bespreek die werksaamhede van die balju. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor ‘n onlangse hofuitspraak wat handel oor ‘n werknemer in Kaapstad wat R2,8 miljoen aan haar werkgewer moet terugbetaal omdat sy gejok het oor haar werkservaring.

Regsake: Meester van die hof; Peetouers
21 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert bespreek die werksaamhede van die Meester van die hof. Familieregkenner Elmari Richter verduidelik wat die reg oor peetouers sê.

Regsake: Skenkingsbelasting; Testamente, boedels en trusts
14 September 2026: Elsa Kruger-Willemse praat oor die kuns van gee, en wat jy moet weet van skenkingsbelasting in Suid-Afrika. Volker Kruger bespreek die geldigheid van 'n testament sonder 'n datum, inkomstebelasting by trusts, die verkoop van 'n huis sonder die erfgename se toestemming, en ander v…

Regsake: Agterstand by Meesterskantoor in Johannesburg
7 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat onder meer oor die voortslepende agterstand van die Meesterskantoor in Johannesburg. Boedelspesialis Volker Kruger praat oor die regte van lewensmaats in terme van die intestate erfreg, onderhoudseise teen bestorwe boedels en eise vir verlies aan onde…

Regsake: Vroue se erfreg; Surrogaatskap
31 Augustus 2026: Prokureur Susan de Wet praat in die die laaste episode van die reeks oor vroue en die reg oor die ontwikkeling van vroue se erfreg. Familieregkenner Riëtte Oosthuisen praat oor surrogaatskap in Suid-Afrika.

Regsake: Maritale mag; Padongelukkefonds vertraag afhandeling van boedel
24 Augustus 2026: Prokureur Est-Marié McCallahan praat in die vierde episode oor vroue en die reg oor maritale mag. Prokureur Susan de Wet beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die Padongelukkefonds, wat verband hou met ‘n eis wat na jare nie uitbetaal is nie, en ‘n boedel wat as gevolg daarvan nie af…

Regsake: Nuwe wetgewing oor kinders en sosiale media
Est-Marié McCallahan praat in die derde van vyf insetsels oor vroue en die reg, oor die ontwikkeling van vroue se stemreg. Prokureur Elsa Kruger-Willemse praat oor nuwe wetgewing, en hoe dit die veiligheid van kinders sal beïnvloed in ‘n wêreld wat deur sosiale media oorheers word.

Regsake: Vrouedag; Die aanstuur van WhatsApp-boodkappe
10 Augustus 2026: Prokureur Est-Marié McCallahan praat in die tweede aflewering vroue en die reg oor Vrouedag. Dr. Gerrie Ebersohn bespreek ‘n onlangse saak oor WhatsApp-boodkappe wat aangestuur is, en of die aanstuur daarvan moontlik haatspraak aangehits het of nie.

Regsake: Vroue en die reg; Bekentenisse
3 Augustus 2026: In die eerste van vyf aflewerings in ‘n reeks oor vroue en die reg vertel prokureur Est-Marié McCallahan oor hoe die regstelsel ontwikkel het sodat vroue ook toegang kon kry tot regsberoepe. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis verduidelik wat bekentenisse in die Suid-Afrikaanse re…

Regsake: Afwesigheid weens siekte en sieknotas
27 Julie 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat in die laaste van ons reeks van vier episodes oor die Regspraktykraad en ander belangrike liggame in ons regslandskap. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor afwesigheid weens siekte en sieknotas, na aanleiding van getuies by die Madlanga-kommisie wat si…