

Regsake: Borgtog; Nasionale register vir seksuele oorstreders
19 Oktober 2026: Tiaan Joubert praat oor borgtog in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel. Wat is dit? Hoe word dit toegestaan? Wanneer word dit geweier? Elmari Richter beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor of dit wettig is om die nasionale register vir seksuele oorstreders openbaar te maak.
20:33
Regsake: Die Aktekantoor; Klousules in kontrakte waarvan verbruikers moet weet
12 Oktober 2026: Tiaan Joubert fokus op die werksaamhede van die Aktekantoor. Est-Marié McCallahan bespreek ‘n onlangse hofuitspraak wat te doen het met die Verbruikerswet en verskaffers wat sekere klousules in kontrakte baie duidelik onder 'n verbruiker se aandag moet bring, en dit nie net in die …
22:12
Regsake: Gesinsadvokate; Vakansieklub-kontrakte
5 Oktober 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat oor die rol en werk van ‘n gesinsadvokaat. Elsa Kruger Willemse beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die strik van lewenslange vakansieklub-kontrakte.
22:24
Regsake: Wat doen die balju? Werknemer moet R2,8 miljoen terugbetaal oor leun
28 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert bespreek die werksaamhede van die balju. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor ‘n onlangse hofuitspraak wat handel oor ‘n werknemer in Kaapstad wat R2,8 miljoen aan haar werkgewer moet terugbetaal omdat sy gejok het oor haar werkservaring.
21:30
Regsake: Meester van die hof; Peetouers
21 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert bespreek die werksaamhede van die Meester van die hof. Familieregkenner Elmari Richter verduidelik wat die reg oor peetouers sê.
22:17
Regsake: Skenkingsbelasting; Testamente, boedels en trusts
14 September 2026: Elsa Kruger-Willemse praat oor die kuns van gee, en wat jy moet weet van skenkingsbelasting in Suid-Afrika. Volker Kruger bespreek die geldigheid van 'n testament sonder 'n datum, inkomstebelasting by trusts, die verkoop van 'n huis sonder die erfgename se toestemming, en ander v…
22:46
Regsake: Agterstand by Meesterskantoor in Johannesburg
7 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat onder meer oor die voortslepende agterstand van die Meesterskantoor in Johannesburg. Boedelspesialis Volker Kruger praat oor die regte van lewensmaats in terme van die intestate erfreg, onderhoudseise teen bestorwe boedels en eise vir verlies aan onde…
21:36
Regsake: Vroue se erfreg; Surrogaatskap
31 Augustus 2026: Prokureur Susan de Wet praat in die die laaste episode van die reeks oor vroue en die reg oor die ontwikkeling van vroue se erfreg. Familieregkenner Riëtte Oosthuisen praat oor surrogaatskap in Suid-Afrika.
17:36
Regsake: Maritale mag; Padongelukkefonds vertraag afhandeling van boedel
24 Augustus 2026: Prokureur Est-Marié McCallahan praat in die vierde episode oor vroue en die reg oor maritale mag. Prokureur Susan de Wet beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die Padongelukkefonds, wat verband hou met ‘n eis wat na jare nie uitbetaal is nie, en ‘n boedel wat as gevolg daarvan nie af…
18:02
Regsake: Nuwe wetgewing oor kinders en sosiale media
Est-Marié McCallahan praat in die derde van vyf insetsels oor vroue en die reg, oor die ontwikkeling van vroue se stemreg. Prokureur Elsa Kruger-Willemse praat oor nuwe wetgewing, en hoe dit die veiligheid van kinders sal beïnvloed in ‘n wêreld wat deur sosiale media oorheers word.
22:21