Die 2026-nasionale begroting word beskou as positief vir die ekonomie, met verwagtinge van verdere rentekoersverlagings en belastingverligting, wat kleinsakeondernemings (KSO's) kan ondersteun. KSO's met 'n omset van tot R20 miljoen kan kwalifiseer vir verminderde inkomstebelastingkoerse, terwyl mikro-ondernemings met 'n omset van R1 miljoen of minder van omsetbelasting gebruik kan maak. Jody Hendricks praat met dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHI Weskaap, oor die hoe die begroting die kleinsakesektor sal help.