

Rand en sent: Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (Deel 1)
Jody Hendricks praat met Andries Sekgetho van die OG, oor die rol wat hulle in die land se demokrasie speel.

Rand en sent: SA-entrepreneurs sukkel om hulp by regering te kry
9 Augustus 2026: Jody Hendricks praat met dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHI Wes-Kaap, oor ‘n internasionale studie wat bevind het dat entrepreneurs in Suid-Afrika sukkel om die nodige hulp by die regering te kry.

Rand en sent: Belasting op beleggingsopbrengste
2 Augustus 2026: Jody Hendricks met ‘n kenner oor die impak van belasting op beleggingsopbrengste.

Rand en sent: FREE SA wil lewenskoste verlaag
26 Julie 2026: FREE SA is ’n burgerlike beweging wat fokus op praktiese hervormings om Suid-Afrikaners se lewenskoste te verlaag deur meer mededinging en minder onnodige regulasies. Jody Hendricks vind meer uit oor hulle mandaat, soos om elektrisiteit goedkoper te maak deur mededinging uit te brei …

Rand en sent: Hoe om te spaar
19 Julie 2026: Julie is Nasionale Spaarmaand. Almal weet hulle moet spaar, maar soms is dit moeilik om die kopskuif te maak. Jody Hendricks praat met ‘n finansiële beplanner oor metodes om te spaar in moeilike ekonomiese tye.

Rand en sent: Die 2026-belastingseisoen
12 Julie 2026: Die belastingseisoen het reeds begin, met outomatiese aanslae van 1 tot 12 Julie 2026. Die res sal van 13 Julie 2026 af hulle opgawes kan begin indien. Nie-voorlopige belastingbetalers sal tot 23 Oktober tyd hê om hulle belastingopgawes in te dien, terwyl voorlopige belastingbetalers…

Rand en sent: Skole se addisionele fondsinsameling
5 Julie 2026: Met die regering se onderwysbegroting wat jaarliks besnoei word, en duisende openbare skole wat finansieel sukkel, het addisionele fondsinsameling ‘n belangrike deel van skole se volhoubaarheidsmodel geword. Tog is daar duisende skole wat geen fondsinsamelings doen nie. Jody Hendricks…

Rand en sent: Die uitdagings vir SA se ekonomie
28 Junie 2026: Dr. Roelof Botha, ’n ekonoom, praat oor die uitdagings vir Suid-Afrika se ekonomie, en oor sy seun, Roelof Botha jnr, wat op 16 Junie vanjaar op die SpaceX-raad aangestel is.

Rand en sent: Aftrede
21 Junie 2026: Aftrede is die einde van jou aktiewe werkslewe. Jody Hendricks praat met ‘n kenner oor die faktore wat jy moet oorweeg voordat jy besluit of aftrede die regte keuse vir jou is.

Rand en sent: Regering slaan toe op ongedokumenteerde werkers
14 Junie 2026: President Cyril Ramaphosa sê daar sal 10 000 nuwe arbeidsinspekteurs aangestel word om werkgewers te ondersoek, en te verseker dat slegs gedokumenteerde werknemers in hulle diens is. Jody Hendricks praat hieroo met ‘n arbeidskenner.