Die Stellenbosch Woordfees skop op 28 September af met meer as 400 unieke produksies en gesprekke in meer as 60 venues in en om Stellenbosch. Sedert die ontstaan van die fees, 24 jaar gelede in 2000, is boeke en gesprekke deel van die fees, en vanjaar is dit nie anders nie. Ons praat hieroor met Bibi Slippers, die Woordfees se Skrywersfees-koördineerder.