Hoe kry Wladimir Poetin dit reg dat wit regses én swart leiers van 'n bevrydingsbeweging sy drumpel deurtrap? Dis die vraag wat Ed Stoddard, senior joernalis van Daily Maverick vra. Dit volg op die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula en sy makkers, se besoek aan Rusland, wat gister begin het. Mbalula se besoek volg kort op die hakke van die regse televisiepersoonlikheid, Tucker Carlson, se onderhoud met Poetin wat verlede week uitgesaai is. Ons praat hieroor met professor Piet Croucamp, politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool.