Op en WakkerOp en Wakker

Wilgenhof-verslag 'gebrekkig'

View descriptionShare
Die rektor van die Universiteit Stellenbosch, professor Wim de Villiers, sal vandag by die raad van die universiteit aanbeveel dat die Wilgenhof-manskoshuis gesluit word. Die rektoraat het 'n aanbeveling van 'n kommissie van ondersoek aanvaar, nadat dit aan die lig gekom het die koshuis het twee kamers waar daar glo omstrede praktyke plaasgevind het. Dit het te doen met sogenaamde dissiplinering, en nié met ontgroening nie. Die koshuis is vanjaar 'n 121 jaar oud, en is die oudste universiteitskoshuis in die land. Volgens die Wilgenhof-alumnivereniging het die koshuis reeds in 1983 studente wat nie wit is nie, in die koshuis verwelkom. Hulle verwerp bewerings van rassisme. Bekendes soos Beyers Naudé, oudregter Edwin Cameron en Christo Wiese was inwoners van Wilgenhof. Ons praat hieroor met Jaco Rabie, woordvoerder van die Wilgenhof-alumnivereniging.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Op en Wakker

    3,670 clip(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 3,673 clip(s)